Luke 1:66 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En almal wat dit gehoor het, het dit in hulle harte opgelê en gesê: Watter kind sal dit wees? En die hand van die Here was met hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal eendag van hierdie kindjie word?” Want die hand van die Here was duidelik op hom.
Afrikaans 1933/1953
En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.
Afrikaans 1983
Almal wat dit gehoor het, het daaroor nagedink en gevra: “Wat sal hierdie kindjie eendag word?” Dit was duidelik dat die Here by hom was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Almal wat hiervan gehoor het, het in hulle harte daaroor bly nadink en gewonder: “Waarvoor is hierdie kindjie bestem?” Die hand van die Here was werklik met hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Almal wat daarvan gehoor het, het daaroor gedink en gesê: “Ons wonder wat sal hierdie seuntjie eendag doen.” Almal kon sien die Here was by Johannes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle kon eenvoudig nie ophou praat oor hierdie wonderwerk nie. “Wat lê nog alles vir hierdie kind voor?” het die mense onder mekaar gevra. Almal kon sien dat God by Johannes was.