Luke 1:68 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geloofd sy die Here, God van Israel; want Hy het sy volk besoek en verlos,
Afrikaans (NLV) 2011
“Prys die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk opgesoek en hulle gered.
Afrikaans 1933/1953
Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
Afrikaans 1983
“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het omgesien na sy volk en hulle bevryding bewerkstellig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons prys die Here, die God van Israel, want Hy het na sy volk toe gekom en Hy het hulle vrygemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Loof die Here, die God van Israel! Hy het na sy volk toe gekom. Hy het hulle kom verlos. God het ’n magtige Redder na ons toe gestuur.