Luke 1:69 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy het vir ons 'n horing van verlossing opgerig in die huis van sy kneg Dawid;
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het vir ons ’n magtige Redder gestuur uit die koninklike geslag van sy dienaar Dawid,
Afrikaans 1933/1953
en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg --
Afrikaans 1983
'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Kragtige verlossing het Hy vir ons bewerk uit die nageslag van Dawid, sy dienskneg,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het vir ons 'n sterk Redder gestuur, 'n Man van die nageslag van koning Dawid, sy dienaar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie Redder kom uit die nageslag van Dawid, die kneg van die Here. Die Here het al lankal belowe dat Hy dit sal doen.