Luke 1:76 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En jy, kindjie, sal die profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy moet voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë voor te berei;
Afrikaans (NLV) 2011
En jy, kindjie, sal ’n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal die pad van die Here voorberei.
Afrikaans 1933/1953
En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
Afrikaans 1983
“En jy, kindjie, 'n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En jy, kindjie, profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uitloop om sy paaie gereed te maak,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En jy, kindjie, jy sal 'n profeet wees van die Hoogste God. Jy sal die pad gereedmaak vir die Here, en dan sal Hy kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“En jy, my seuntjie, die mense sal jou noem: ‘Boodskapper van die Allerhoogste.’ Jy sal voor die Here uitstap en sy pad gelyk maak.