Luke 1:78 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Deur die tere barmhartigheid van onse God; waardeur die dagspruit uit die hoogte ons besoek het,
Afrikaans (NLV) 2011
Vanweë God se tere ontferming is die lig van die hemel op die punt om oor ons te skyn,
Afrikaans 1933/1953
deur die innige barmhartigheid van onse God waarmee die opgaande Lig uit die hoogte ons besoek het,
Afrikaans 1983
danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God sal dit alles doen omdat Hy baie goed wil wees vir die mense wat aan Hom behoort. Die Here sal na ons toe kom. Hy sal die son wees wat uit die hemel kom en op ons skyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
God is so ongelooflik goed vir ons. Binnekort sal sy genade soos die son oor ons donker wêreld begin skyn.