Luke 1:79 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
om lig te gee aan die wat in duisternis en in doodskaduwee sit, om ons voete te lei op die pad van vrede.
Afrikaans (NLV) 2011
om lig te bring aan hulle wat in donkerheid en die skaduwee van die dood lewe, en om ons te lei op die pad van vrede.”
Afrikaans 1933/1953
om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.
Afrikaans 1983
om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om te skyn oor diegene wat hulle in die duisternis en in die skadu van die dood bevind, en om ons voete op die pad van vrede te plaas.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Sy lig sal skyn oor almal wat in die donker is, oor almal wat in die diep donker is. Die Here sal ons lei, en daar sal vrede wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sal lig maak vir almal wat in die donker leef, ook vir hulle wat in die donker kloue van die doderyk vasgevang is. God sal ons weer op die pad van vrede laat stap.”