Luke 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Volgens die gebruik van die priesteramp was sy lot om wierook te brand wanneer hy in die tempel van die Here ingegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
Volgens die gewoonte van priesters is hy deur die lot aangewys om die heiligdom in te gaan en wierook op die altaar te brand.
Afrikaans 1933/1953
het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
Afrikaans 1983
is hy volgens die priesterlike gebruik deur die lot aangewys om in die tempel van die Here in te gaan en die wierook op die altaar te brand.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
is hy volgens priesterlike gebruik deur die lot aangewys om die heiligdom van die Here binne te gaan en die reukoffer te bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die priesters het altyd lootjies getrek om te sien wie moes ingaan om die wierook-offer te bring. Dit was toe Sagaria wat moes ingaan in die gewyde kamer van die tempel van die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
het die lot op hom geval om wierook op die altaar te gaan brand.