Luke 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gaan voort: kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe.
Afrikaans (NLV) 2011
Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur.
Afrikaans 1933/1953
Gaan dan; kyk, Ek stuur julle soos lammers onder wolwe.
Afrikaans 1983
Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Gaan nou, maar onthou, Ek stuur julle na die mense in die wêreld, en julle sal wees soos skape wat tussen gevaarlike wolwe is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Gaan nou na die plekke toe waarheen Ek nog op pad is. Maar wees gewaarsku: daar wag groot gevare op julle. Ek stuur julle soos ’n klompie skape deur ’n bos wat wemel van gevaarlike diere.