Luke 11:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy sê: Ja, salig is die wat die woord van God hoor en dit bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het geantwoord: “Maar nog meer geseënd is almal wat die woord van God hoor en dit uitleef.”
Afrikaans 1933/1953
En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
Afrikaans 1983
Maar Hy sê: “Nog meer bevoorreg is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Hy antwoord: “Ja, maar waarlik gelukkig is hulle wat die woord van God hoor en dit onderhou.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Jesus het gesê: “Die mense wat waarlik gelukkig is, is die mense wat die woord van God hoor en doen wat God wil hê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ja, dis seker waar,” antwoord Jesus toe. “Maar daar is mense wat selfs nog gelukkiger as my ma is. Dit is hulle wat God se Woord hoor en dit doen.”