Luke 11:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir hom: Meester, so sê U smaad ons ook.
Afrikaans (NLV) 2011
“Leermeester,” sê ’n wetskenner, “U beledig óns ook met wat U nou gesê het.”
Afrikaans 1933/1953
Toe antwoord een van die wetgeleerdes en sê vir Hom: Meester, as U so spreek, beledig U ons ook.
Afrikaans 1983
Toe sê een van die wetgeleerdes vir Jesus: “Meneer, as u so praat, beledig u ons ook.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Een van die wetskenners het Hom geantwoord: “Meester, as u dit sê, beledig u ons ook.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe kla een van die skrifgeleerdes en hy sê vir Jesus: “Meneer, wanneer U hierdie slegte dinge sê oor die Fariseërs, dan praat U ook sleg van ons, die skrifgeleerdes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een van die kenners van die wet wat saam met Jesus aan tafel was, het Hom skielik onderbreek: “Kyk, jy mag miskien ’n soort leermeester wees, maar nou raak jy beledigend. Jy is nou ook besig om my en my kollegas wat wetskenners is hier voor almal aan te vat.”

Recommended Reading