Luke 16:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ook die Fariseërs, wat begerig was, het al hierdie dinge gehoor, en hulle het Hom uitgelag.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Fariseërs wat baie lief was vir hulle geld het natuurlik hiermee gespot.
Afrikaans 1933/1953
En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
Afrikaans 1983
Die Fariseërs was baie lief vir geld en toe hulle al hierdie dinge hoor, het hulle Hom beledigend uitgelag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die •Fariseërs, wat geldgierig was, het na al hierdie dinge geluister, en smalend oor Hom gepraat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die Fariseërs al hierdie dinge hoor, het hulle vir Jesus uitgelag, want hulle was baie lief vir geld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Klompie Fariseërs, wat baie lief vir geld was, het gehoor wat Jesus sê en begin toe met Hom spot.