Luke 16:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hy: Ek bid u dan, vader, dat u hom na die huis van my vader stuur.
Afrikaans (NLV) 2011
“Toe sê die ryk man: ‘Asseblief, vader Abraham, stuur hom na my pa se huis toe.
Afrikaans 1933/1953
En hy sê: Ek bid u dan, vader, om hom na my vader se huis te stuur --
Afrikaans 1983
Toe sê hy: ‘Ek smeek u dan, vader, stuur hom tog na my pa se huis toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe sê die ryk man, ‘Dan smeek ek u, Vader, stuur hom na my pa se huis,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die ryk man het gesê: ‘Ek vra mooi, stuur dan asseblief vir Lasarus na my pa se huis,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Toe sê die man: ‘Dan smeek ek u om ten minste net vir Lasarus na my huis toe te stuur.