Luke 17:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy hulle sien, sê hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En terwyl hulle gegaan het, is hulle gereinig.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Hy hulle sien, sê Hy aan hulle: “Gaan wys julleself aan die priesters.” Terwyl hulle soontoe op pad was, het hulle gesond geword.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
Afrikaans 1983
Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: “Gaan wys julleself vir die priesters.” Op pad daarheen is hulle gereinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het hulle gesien en Hy het vir hulle gesê: “Gaan wys julleself vir die priesters.” Toe hulle weggaan, het hulle gesond geword. God het hulle rein gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus sê toe vir hulle: “Gaan dadelik na die priester toe. Laat hy vir julle ’n sertifikaat gee as bewys dat julle gesond is.”