Luke 18:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het uitgeroep en gesê: Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig.
Afrikaans (NLV) 2011
Die blinde het hard uitgeroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U asseblief oor my!”
Afrikaans 1933/1953
Toe roep hy uit en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my barmhartig!
Afrikaans 1983
Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe roep hy hardop uit: “Jesus, •Seun van Dawid, ontferm U oor my!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe begin die blinde man skree: “Jesus, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en U moet my help!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die blinde man het dadelik hard begin skree: “Jesus, Seun van Dawid, kry my jammer, asseblief!”