Luke 19:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe kom die eerste en sê: Here, u pond het tien ponde gekry.
Afrikaans (NLV) 2011
Die eerste het aangetree en gesê: ‘Meneer, u muntstuk het ’n wins van tien muntstukke opgelewer.’
Afrikaans 1933/1953
En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.
Afrikaans 1983
Die eerste het vorentoe gekom en gesê: ‘Meneer, u muntstuk het tien muntstukke opgelewer.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die eerste een het kom sê, ‘Meneer, u mina het 'n wins van tien mina opgelewer.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die eerste slaaf het gekom en gesê: ‘Meneer, hier is die een geldstuk wat jy gegee het, en hier is nog tien geldstukke daarby.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die eerste een kom toe en sê: ‘Meneer, ek het die geld wat u my gegee het, gaan vertiendubbel. Hier is nou tien maal soveel as wat u vroeër vir my gegee het.’