Luke 2:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in daardie dae het 'n bevel van keiser Augustus uitgegaan dat die hele wêreld belas moes word.
Afrikaans (NLV) 2011
Gedurende daardie tyd het die Romeinse keiser Augustus ’n bevel uitgevaardig dat ’n sensus deur die hele Romeinse Ryk gehou moes word.
Afrikaans 1933/1953
En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
Afrikaans 1983
In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie tyd het keiser Augustus 'n dekreet uitgevaardig dat die bevolking van die hele ryk geregistreer moet word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In daardie tyd het keiser Augustus gesê al die mense oor wie hy regeer, moet hulle laat registreer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In daardie tyd het Augustus, die Romeinse keiser, ’n bevel uitgereik dat ’n sensus gehou moet word om vas te stel hoeveel mense daar in die Romeinse Ryk bly.