Luke 2:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want vir julle is vandag in die stad van Dawid 'n Verlosser gebore, dit is Christus die Here.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Verlosser — ja, die Messias, die Here — is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!
Afrikaans 1933/1953
dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.
Afrikaans 1983
Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Vandag is julle Redder in die stad van Dawid gebore. Hy is Christus die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
vandag is die Redder in die stad van Dawid gebore; vir almal van julle. Dit is Hy wat julle van julle sondes sal vrymaak. Hy is die Messias en die Here oor almal.