Luke 2:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit sal vir julle 'n teken wees; Julle sal die kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.
Afrikaans (NLV) 2011
En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!”
Afrikaans 1933/1953
En dit is vir julle die teken: julle sal 'n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê.
Afrikaans 1983
En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit sal vir julle die teken wees: Julle sal 'n pasgebore kind vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sal weet dit is Hy wanneer julle 'n baba sien wat toegedraai is en in 'n krip lê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gaan kyk! Gaan soek na ’n baba wat styf in doeke toegedraai is en in ’n voerbak lê. Dit is Hy!”