Luke 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
Afrikaans (NLV) 2011
Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:
Afrikaans 1933/1953
En skielik was daar saam met die engel 'n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê:
Afrikaans 1983
Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Skielik was daar saam met die engel 'n hemelse menigte wat God loof:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Skielik was daar saam met die engel nog baie ander engele uit die hemel. Hulle het God geprys en gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Skielik het daar ’n groot skare engele uit die hemel by die engel aangesluit. Daar in die oop veld het ’n koor van hemelse stemme God geprys: