Luke 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het haastig gekom en Maria en Josef en die kindjie gevind wat in 'n krip lê.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het met haas gegaan en Maria en Josef gevind en die kindjie wat in die krip lê.
Afrikaans 1983
Hulle gaan toe haastig daarheen en kry vir Maria en Josef, en die Kindjie wat in die krip lê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het toe haastig daarheen vertrek en Maria en Josef en die Kindjie wat in die krip lê, daar aangetref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die skaapwagters het haastig daarnatoe gegaan en hulle het vir Maria en Josef gekry en ook die baba wat in die krip lê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het toe haastig soontoe gegaan. Daar het hulle vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. Die skaapwagters kon hulle oë nie glo nie.