Luke 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle dit sien, het hulle die woord wat hulle oor hierdie kindjie vertel is, in die buiteland bekend gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het die skaapwagters vir almal gaan vertel wat gebeur het, en wat die engel vir hulle oor die Kindjie gesê het.
Afrikaans 1933/1953
En toe hulle dit gesien het, het hulle oral die woord bekend gemaak wat aan hulle van die Kindjie vertel is.
Afrikaans 1983
Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat hulle Hom gesien het, het hulle aan almal gaan vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die skaapwagters dit alles sien, het hulle vir die mense vertel wat die engel vir hulle gesê het oor hierdie Kindjie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle het dadelik vertel wat die engele vir hulle oor die Kindjie gesê het.