Luke 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
(Soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike wat die moederskoot oopmaak, sal aan die Here heilig genoem word;)
Afrikaans (NLV) 2011
Die wet van die Here sê: “As ’n vrou se eerste kind ’n seun is, moet hy aan die Here gewy word.”
Afrikaans 1933/1953
soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
Afrikaans 1983
In die wet van die Here staan immers geskrywe: “Elke eersteling van die manlike geslag moet vir die Here afgesonder word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos daar in die Wet van die Here geskryf staan: “Elke eerstelingseun wat gebore word, moet aan die Here gewy word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die wet van die Here sê: Julle moet die eerste seun van elke vrou aan die Here wy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die wet van die Here staan daar immers: “Elke seun wat eerste in ’n huisgesin gebore word, moet aan die Here toegewy word. Hy moet eenkant gesit word vir die Here se diens.” Daar by die tempel het hulle ook die voorgeskrewe offer gebring om vroue weer rein te maak nadat hulle geboorte geskenk het.