Luke 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En om 'n offer te bring volgens wat in die wet van die Here gesê is: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het ’n offer gebring volgens wat die wet van die Here vereis het: “óf ’n paar tortelduiwe óf twee jong duiwe.”
Afrikaans 1933/1953
en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
Afrikaans 1983
Hulle het ook die reinigingsoffer gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik “'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het ook, soos die Wet van die Here voorskryf, 'n offer gebring: “twee tortelduiwe, of twee jong duiwe”.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josef en Maria het ook 'n offer gebring, want die wet van die Here sê ook: Die vrou moet 'n offer vir die Here bring. Sy moet twee tortelduiwe of twee jong duiwe offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Volgens die wet van die Here kon arm mense twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die Here offer. Dit het hulle dan ook gedoen.