Luke 2:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit is aan hom geopenbaar deur die Heilige Gees, dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Here se Christus gesien het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Heilige Gees het aan hom bekendgemaak dat hy nie sou sterf voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie.
Afrikaans 1933/1953
En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
Afrikaans 1983
en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het deur die Heilige Gees 'n openbaring ontvang dat hy nie die dood sou sien voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Heilige Gees het voorheen vir hom gesê hy sal Christus die Here sien voordat hy sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het die Gees ook vir hom gewys dat hy nie sou doodgaan voordat hy die Messias, die Gestuurde van die Here, gesien het nie.