Luke 2:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was een Anna, 'n profetes, die dogter van Fanuel, uit die stam van Aser;
Afrikaans (NLV) 2011
Anna, ’n profetes, was ook daar in die tempel. Sy was die dogter van Fanuel uit die stam van Aser, en sy was baie oud. Sy was ’n weduwee; haar man is oorlede toe hulle nog maar net sewe jaar getroud was.
Afrikaans 1933/1953
En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van F nuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
Afrikaans 1983
Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel, uit die stam van Aser. Sy was al op gevorderde leeftyd. Sy is as jong meisie getroud, het sewe jaar lank saam met haar man geleef,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dieselfde dag was daar ook 'n profeet in die tempel. Haar naam was Anna en sy was baie oud. Sy was 'n dogter van Fanuel, uit die Aser-stam. Sy het getrou toe sy jonk was, en haar man het ná sewe jaar gesterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar was nog ’n boodskapper van die Here in die tempel. Haar naam was Anna. Sy was ’n dogter van Fanuel, ’n man uit die geslag van Aser. Anna was al baie oud. Vroeër was sy sewe jaar lank getroud.