Luke 2:37 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar, wat nie van die tempel gewyk het nie, maar God gedien het met vas en gebede dag en nag.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy was nou 84 jaar oud. Sy was nooit weg van die tempel af nie en het dag en nag daar gebly en God gedien met vas en gebed.
Afrikaans 1933/1953
en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
Afrikaans 1983
het sy weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en was nou 'n weduwee van byna vier-en-tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempelterrein af weggebly nie en God dag en nag gedien deur te vas en te bid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat hy gesterf het, het sy nie weer getrou nie. Sy was nou 84 jaar oud en sy was elke dag by die tempel. Sy het God elke dag en nag gedien en gevas en gebid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe haar man dood is, het sy nie weer getrou nie. Anna was nou al 84 jaar oud. Sy het gereeld na die tempel toe gekom. Dag en nag het sy God getrou gedien deur te vas en te bid.