Luke 2:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nadat hulle alles volbring het volgens die wet van die Here, het hulle teruggekeer na Galilea, na hulle eie stad Nasaret.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Jesus se ouers al die vereistes van die wet van die Here nagekom het, het hulle teruggekeer na hulle dorp, Nasaret in Galilea.
Afrikaans 1933/1953
En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galil,a, na hulle stad N saret.
Afrikaans 1983
Toe Josef-hulle alles nagekom het wat die wet van die Here voorskryf, het hulle na Galilea toe teruggegaan, na hulle eie dorp, Nasaret.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Josef-hulle alles nagekom het wat die Wet van die Here van hulle verwag, het hulle na Galilea teruggegaan, na hulle tuisdorp Nasaret.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josef en Maria het alles gedoen wat die wette van die Here gesê het en toe het hulle teruggegaan na hulle stad Nasaret in Galilea.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nadat Josef en Maria alles gedoen het wat die wet van die Here van hulle verwag het, het hulle teruggegaan Galilea toe, na hulle tuisdorp, Nasaret.