Luke 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Josef het ook opgetrek van Galiléa, uit die stad Nasaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word; (omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was:)
Afrikaans (NLV) 2011
En omdat Josef ’n afstammeling van koning Dawid was, moes hy vanaf die dorp Nasaret in Galilea na Judea gaan, na Betlehem, Dawid se tuisdorp.
Afrikaans 1933/1953
En Josef het ook opgegaan van Galil,a, uit die stad N saret, na Jud,a, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy uit die huis en geslag van Dawid was,
Afrikaans 1983
Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Josef het ook gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea gegaan, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word, omdat hy van die huis en nageslag van Dawid afkomstig was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Josef het in Nasaret in Galilea gewoon, maar hy moes na Betlehem gaan om te registreer. Betlehem was die stad van koning Dawid, en Josef was van die nageslag van koning Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het Josef, Maria se verloofde, van Nasaret in Galilea na Betlehem in Judea, die stad van Dawid, gegaan.