Luke 2:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kind het gegroei en sterk geword in gees, vervul met wysheid, en die genade van God was op hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar het die Kindjie sterk en gesond grootgeword. Hy was vervul met wysheid, en God se guns was op Hom.
Afrikaans 1933/1953
En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.
Afrikaans 1983
Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en vol wysheid, en die genade van God was met Hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Kindjie het groot en sterk geword. God het vir Hom baie wysheid gegee en God was goed vir Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar het Jesus sy kinderdae deurgebring. Hy het sterk geword na liggaam en na gees. God se goedheid was die hele tyd by Hom.