Luke 2:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy twaalf jaar oud was, het hulle volgens die gebruik van die fees na Jerusalem opgetrek.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Jesus twaalf jaar oud was, het hulle soos gewoonlik die fees bygewoon.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
Afrikaans 1983
Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daarheen gegaan vir die fees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle oudergewoonte vir die fees daarheen gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Jesus twaalf jaar oud was, het hulle weer, soos altyd, na Jerusalem gegaan om die Paasfees te vier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle oudergewoonte weer soontoe gegaan.