Luke 2:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle die dae vervul het, het die Kindjie Jesus, toe hulle teruggekeer het, in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ná die feesviering het hulle na Nasaret vertrek, maar Jesus het in Jerusalem agtergebly sonder dat sy ouers daarvan geweet het.
Afrikaans 1933/1953
En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
Afrikaans 1983
En toe die feesdae verby was, het sy ouers die terugreis begin, maar die Kind Jesus het in Jerusalem gebly sonder dat hulle dit geweet het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ná afloop van die fees het hulle teruggekeer, maar die Kind Jesus het sonder sy ouers se medewete in Jerusalem agtergebly.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die fees verby was, het Josef en Maria teruggegaan na Nasaret, maar Jesus het in Jerusalem agtergebly, en sy ouers het dit nie geweet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die fees verby was, het hulle teruggekeer na Nasaret. Jesus het egter in die tempel agtergebly, maar sy ouers het dit nie agtergekom nie.