Luke 2:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle Hom nie kry nie, het hulle teruggekeer na Jerusalem en Hom gesoek.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hulle Hom nie kon kry nie, is hulle terug na Jerusalem om daar na Hom te soek.
Afrikaans 1933/1953
En toe hulle Hom nie vind nie, het hulle teruggegaan na Jerusalem en Hom gesoek.
Afrikaans 1983
Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle omgedraai na Jerusalem toe op soek na Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle teruggedraai na Jerusalem om Hom te soek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle kon Hom nie kry nie en hulle het teruggegaan na Jerusalem om Hom daar te gaan soek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar hulle kon Hom nêrens tussen hulle familie en vriende kry nie. Uiteindelik moes hulle toe terugdraai Jerusalem toe om Hom daar te gaan soek.