Luke 2:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind waar hy tussen die dokters sit en hulle hoor en hulle vrae vra.
Afrikaans (NLV) 2011
Drie dae later het hulle Hom uiteindelik gekry. Hy het in die tempel tussen die leermeesters gesit terwyl Hy na hulle luister en hulle uitvra.
Afrikaans 1933/1953
En ndrie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.
Afrikaans 1983
Na drie dae het hulle Hom by die tempel gekry waar Hy tussen die geleerdes sit en na hulle luister en hulle uitvra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ná drie dae het hulle Hom op die tempelterrein gekry, waar Hy tussen die leermeesters sit en na hulle luister en hulle uitvra.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ná drie dae het hulle Hom in die tempel gekry. Hy het tussen die slim mense gesit en Hy het na hulle geluister en vir hulle vrae gevra.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na ’n lang soektog van drie dae het Josef en Maria vir Jesus in die tempel opgespoor. Hy het daar tussen die skrifkenners gesit. Hy het aandagtig na hulle geluister en allerhande vrae aan hulle gevra.