Luke 2:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus het toegeneem in wysheid en gestalte en in guns by God en mense.
Afrikaans (NLV) 2011
En so het Jesus grootgeword en in wysheid toegeneem; Hy was geliefd by God en almal wat Hom geken het.
Afrikaans 1933/1953
En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
Afrikaans 1983
En Jesus het verstandelik en liggaamlik gegroei en in guns by God en die mense toegeneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het steeds wyser en al hoe meer volwasse geword en toegeneem in guns by God en onder die mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het groot geword en nog meer wysheid gekry. God en die mense was lief vir Hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus het vinnig grootgeword. Almal het gesien dat Hy groot insig in God se Woord het. God was vol vreugde oor Hom. Die mense ook.