Luke 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar was in dieselfde land herders wat in die veld gebly het en in die nag oor hulle kudde gewaak het.
Afrikaans (NLV) 2011
Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het.
Afrikaans 1933/1953
En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
Afrikaans 1983
Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar was skaapwagters in dieselfde omgewing wat in die oop veld gebly en snags hulle skaaptroppe opgepas het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daar was skaapwagters buite in die veld naby Betlehem. Hulle het in die nag hulle skape opgepas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar in die omgewing van Betlehem het ’n klompie skaapwagters gebly. Hulle het in die oop veld geslaap. Snags het hulle hulle skape opgepas.