Luke 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En kyk, die Engel van die Here het oor hulle gekom, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn, en hulle was baie bevrees.
Afrikaans (NLV) 2011
Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword,
Afrikaans 1933/1953
En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
Afrikaans 1983
Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Engel van die Here het aan hulle verskyn, en die hemelse glans van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het geweldig groot geskrik.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Engel van die Here het by hulle kom staan, en die lig van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle was baie bang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een nag, uit die bloute, het ’n engel van die Here daar by hulle kom staan. Die Here se heerlikheid het alles om hulle helder verlig. Die skaapwagters het hulle doodgeskrik.