Luke 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe die uur aangebreek het, het Hy gaan sit, en die twaalf apostels saam met Hom.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die tyd aangebreek het, het Jesus vir die ete aangesit en die apostels saam met Hom.
Afrikaans 1933/1953
En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.
Afrikaans 1983
Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die uur aanbreek, het Hy en die •apostels saam met Hom vir ete aangeleun.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe dit die regte tyd was, het Jesus by die tafel gaan sit en die apostels, die dissipels, het saam met Hom gaan sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Teen sononder het die paasmaaltyd begin. Jesus en al twaalf apostels was daar.