Luke 22:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy is van hulle teruggetrek omtrent 'n klipgooi, en het neergekniel en gebid:
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het Hom toe van hulle afgesonder, ongeveer ’n klipgooi ver. Daar het Hy gekniel en gebid:
Afrikaans 1933/1953
En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid
Afrikaans 1983
Hy het Hom toe van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi. Daar het Hy gekniel en gebid:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het toe 'n entjie van hulle af weggestap, ongeveer 'n klipgooi ver, gekniel en gebid:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het 'n bietjie verder van die dissipels gaan staan, omtrent so ver soos 'n mens met 'n klip kan gooi. Hy het gekniel en gebid
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus het toe ’n ent van hulle af weggestap, omtrent so ver as wat ’n mens met ’n klip kan gooi.