Luke 22:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hulle: Waarom slaap julle? staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle aan die slaap? Staan op en bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie.”
Afrikaans 1933/1953
En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.
Afrikaans 1983
Hy sê toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En Hy het vir hulle gesê: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het vir hulle gevra: “Hoekom slaap julle? Staan op en bid dat niks sal gebeur wat julle sal laat sonde doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê toe vir hulle: “Word wakker! Dis nie nou die tyd om te lê en slaap nie. Julle moet nou bid dat julle nie voor die sonde swig nie.”