Luke 22:58 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ná 'n rukkie het 'n ander hom gesien en gesê: Jy is ook van hulle. En Petrus sê: Mens, ek is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Rukkie later merk iemand anders hom op en sê: “Hy is mos ook uit hulle geledere.” Petrus se reaksie was: “Man, ek is beslis nie!”
Afrikaans 1933/1953
En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.
Afrikaans 1983
'n Rukkie later sien iemand anders hom en sê: “Jy is mos ook een van hulle.” Maar Petrus antwoord: “Man, ek is nie!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Rukkie later het iemand anders hom opgemerk en gesê: “Jy is ook een van hulle.” Maar Petrus sê: “Man, ek is nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Bietjie later het iemand anders, 'n man wat ook daar werk, vir Petrus gesien en gesê: “Jy is ook een van Jesus se mense.” Maar Petrus het gesê: “Man, ek is nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Rukkie later het iemand anders ook vir Petrus herken en vir hom gesê: “Maar jy is dan een van die volgelinge van daardie Jesus!” “Kyk, jy’s heeltemal laf!” het Petrus vinnig gereageer.