Luke 22:67 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Is U die Christus? vertel ons. En Hy sê vir hulle: As Ek dit vir julle sê, sal julle nie glo nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sê toe: “As jy die Messias is, sê dit vir ons.” Hy het hulle geantwoord: “As Ek dit vir julle sou sê, sal julle My glad nie glo nie.
Afrikaans 1933/1953
en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.
Afrikaans 1983
Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het gesê: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy sê vir hulle: “As Ek dit vir julle sê, sal julle My beslis nie glo nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle sê toe vir Jesus: “Sê vir ons reguit of jy die Christus is.” Jesus het vir hulle gesê: “As Ek vir julle reguit sê wie Ek is, dan sal julle My nie glo nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Jesus voor hulle kom, sê hulle vir Hom: “Kyk, moenie met ons speletjies speel nie. Sê reguit vir ons: is jy die Christus, die Een wat deur God na ons toe gestuur is, of nie?”