Luke 22:70 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê hulle almal: Is U dan die Seun van God? En Hy sê vir hulle: Julle sê dat Ek is.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe vra hulle almal: “Is jy dan die Seun van God?” Hy antwoord hulle: “Dit is soos julle sê — Ek is.”
Afrikaans 1933/1953
En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.
Afrikaans 1983
Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe vra hulle almal: “Is jy dus die •Seun van God?” En Hy antwoord hulle: “Dit is julle wat sê dat Ek is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die Raadslede het toe vir Jesus gevra: “Maar is jy die Seun van God?” En Jesus het geantwoord: “Julle sê self Ek is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Dink jy regtig jy is die Seun van God?” “Julle sê Ek is!”