Luke 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die vyftiende jaar van die regering van Tiberius Caesar, Pontius Pilatus was goewerneur van Judéa, en Herodes was viervors van Galilea, en sy broer Filippus viervors van Ituraea en van die landstreek Trachonitis, en Lisanias, die viervors van Abilene,
Afrikaans (NLV) 2011
Dit was nou die vyftiende regeringsjaar van Tiberius, die Romeinse keiser. Pilatus was goewerneur in Judea, Herodes Antipas was heerser in Galilea, sy broer Filippus was heerser oor Iturea en Tragonitis, en Lisanias was heerser oor Abilene.
Afrikaans 1933/1953
En in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tib,rius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judia en Herodes viervors van Galil,a, en Filippus, sy broer, viervors van Itur,a en die land Trachon¡tus, en Lis nias viervors van Abil,ne,
Afrikaans 1983
Dit was die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius. Pontius Pilatus was goewerneur van Judea, en Herodes heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die vyftiende regeringsjaar van keiser Tiberius was Pontius •Pilatus prokurator van Judea. Herodes was tetrarg van Galilea, en Filippus, sy broer, was tetrarg van Iturea en Tragonitis, en Lisanias was tetrarg van Abilene.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit was in die vyftiende jaar nadat Tiberius keiser geword het. Pontius Pilatus het regeer oor Judea. Koning Herodes het regeer oor Galilea. Sy broer Filippus het regeer oor Iturea en Tragonitis. Lisanias het regeer oor Abilene.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die vyftiende jaar van die regering van keiser Tiberius het die volgende persone oor Palestina regeer: Pontius Pilatus: hy was die goewerneur van Judea. Herodes Antipas: hy was die heerser oor Galilea. Filippus, die broer van Herodes: hy was die heerser oor Iturea en Tragonitis. Lisanias: hy het oor Abilene regeer.