Luke 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy sê vir hulle: Moenie meer eis as wat julle aangewys is nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Wys julle eerlikheid,” het hy geantwoord. “Maak seker dat julle nie méér belasting invorder as wat vereis word nie.”
Afrikaans 1933/1953
En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.
Afrikaans 1983
En vir hulle sê hy: “Moenie meer invorder as wat vir julle vasgestel is nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hulle geantwoord: “Moenie meer invorder as wat vir julle voorgeskryf is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het vir hulle gesê: “Julle moenie meer tolgeld van die mense vat as wat julle mag vat nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Moenie meer belasting uit die mense wurg as wat hulle volgens die wet moet betaal nie. Wees eerlik,” was sy antwoord aan hulle.