Luke 3:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl die volk in verwagting was en almal in hulle harte oor Johannes peins of Hy die Christus is of nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Almal het verwag dat die Messias gou sou kom en hulle was gretig om te weet of dit dalk Johannes is.
Afrikaans 1933/1953
En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,
Afrikaans 1983
Die volk was vol verwagting, en almal het hulle begin afvra of Johannes nie miskien die Christus is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Omdat die volk allerhande verwagtings gehad het, het almal in hulle harte gewonder of Johannes nie dalk die Christus is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het toe met mekaar gepraat en gevra of Johannes miskien die Christus is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Johannes se woorde het die mense aangegryp. Oral het mense onder mekaar begin vra: “Is hy nie dalk die Messias nie?”