Luke 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En baie ander dinge het hy in sy vermaning aan die volk verkondig.
Afrikaans (NLV) 2011
Johannes het baie sulke waarskuwings gebruik in sy verkondiging van die Goeie Nuus aan die mense.
Afrikaans 1933/1953
Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.
Afrikaans 1983
Ook oor baie ander dinge het hy dikwels die volk vermaan en die goeie boodskap aan hulle verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Johannes het die volk ook oor baie ander dinge vermaan, en die goeie boodskap aan hulle verkondig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het aangehou om die mense oor baie dinge te waarsku, en so het hy die goeie boodskap vir hulle gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Johannes het die mense aangespoor om te doen wat God vra. God se goeie nuus het dag na dag oor sy lippe weerklink.