Luke 3:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Herodes, die viervors, deur hom tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer Filippus, en oor al die euwels wat Herodes gedoen het,
Afrikaans (NLV) 2011
Johannes het ook vir Herodes Antipas, heerser van Galilea, openlik aangespreek omdat hy Herodias, sy broer se vrou, gevat het, en ook oor baie ander verkeerde dinge wat hy gedoen het.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Herodias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,
Afrikaans 1983
Hy het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het die tetrarg Herodes herhaaldelik tereggewys oor Herodias, sy broer se vrou, en oor al die booshede wat Herodes gepleeg het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het ook ernstig met koning Herodes gepraat en vir hom gesê hy mag nie sy broer se vrou, Herodias, vir hom vat nie. Johannes het ook vir Herodes gewaarsku oor al die verkeerde dinge wat hy gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het Johannes vir Herodes, die heerser van Galilea, in die openbaar gekritiseer omdat hy sy broer Filippus se vrou, Herodias, afgevat het. Ook ’n hele rits ander sondes van Herodes is deur Johannes veroordeel. Herodes was woedend hieroor.