Luke 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Annas en Kajafas wat die hoëpriesters was, het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Annas en Kajafas was die hoofpriesters. In dié tyd het ’n boodskap van God gekom na Johannes, seun van Sagaria, wat in die woestyn gebly het.
Afrikaans 1933/1953
tydens die hoëpriesterskap van Annas en K jafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagar¡a, in die woestyn.
Afrikaans 1983
In daardie tyd het die woord van God tot Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die tyd toe Annas en Kajafas die hoëpriesters was, het daar in die woestyn 'n woord van God na Johannes, seun van Sagaria, gekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Annas en Kajafas was hoëpriesters. In daardie tyd het God met Johannes gepraat. Johannes was die seun van Sagaria. Johannes het in die woestyn gewoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In daardie tyd, toe Annas en Kajafas die hoëpriesters was, het God vir Johannes, die seun van Sagaria, in die woestyn gaan roep om met sy werk te begin.