Luke 3:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die Heilige Gees het in 'n liggaamlike gedaante soos 'n duif op hom neergedaal, en 'n stem het uit die hemel gekom wat gesê het: U is my geliefde Seun; in U het ek 'n welbehae.
Afrikaans (NLV) 2011
en die Heilige Gees het fisies soos ’n duif op Hom neergedaal. En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.”
Afrikaans 1933/1953
en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.
Afrikaans 1983
en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en die Heilige Gees het in 'n sigbare vorm soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar het ook 'n stem uit die hemel gekom: “Jy is my geliefde •Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Heilige Gees het afgekom na Jesus toe soos 'n duif uit die lug afkom. God het uit die hemel gesê: “Jy is my Seun, Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die Heilige Gees het soos ’n duif na Jesus toe afgekom. ’n Stem uit die hemel het ook hardop gesê: “Jy is my Seun vir wie Ek baie lief is. Oor Jou is Ek baie bly.”