Luke 3:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus self het begin om omtrent dertig jaar oud te word, aangesien hy (soos veronderstel was) die seun van Josef, wat die seun van Heli was,
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus was omtrent 30 jaar oud toe Hy met sy bediening begin het. Hy was bekend as die seun van Josef. Josef was die seun van Eli.
Afrikaans 1933/1953
En Hy, Jesus, was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,
Afrikaans 1983
Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy omtrent dertig jaar oud. Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef. Josef was die seun van Eli,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus was ongeveer dertig jaar oud toe Hy met sy werk begin het. Hy is beskou as die seun van Josef, seun van Eli,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus was omtrent 30 jaar oud toe Hy begin het om te preek en om wondertekens te doen. Die mense het gedink Hy is die seun van Josef. Josef was die seun van Eli,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe Jesus met sy werk begin het, was Hy ongeveer 30 jaar oud. Die meeste mense het gedink Hy was Josef se seun. Josef was weer die seun van Eli,